Die moet’s en moenie’s van Papegaai voeding.

Hoekom is voeding so belangrik? N voël bly tog in n hok en eet saad, nie waar nie?

Verby is die dae dat mens n papegaai heeldag in n hok toe hou, saad gee en net so af en toe, as n lekkerny, n stukkie appel of mielie gee. N papegaai dieet MOET so groot verskeidenheid as moontlik vars kos in hê….en dit moet vir hom ELKE DAG gegee word!

Nou vra jy hoekom, want jou papegaai eet net saad en lyk heel gesond? Die kort antwoord….n net saad dieet verkort n voël se lewe met BAIE jare, ontneem die liggaam van baie noodsaaklike vitamienes en minerale, affekteer die groei en vorming van vere en kan ernstige gedragsprobleme veroorsaak….om nie te praat van die mediese probleme wat so dieet kan veroorsaak nie! Mens moet onthou dat n voël soos n African Grey, maklik 60 jaar oud kan word en beslis nooit so ouderdom sal sien, as saad die grootste gedeelte van sy dieet uitmaak nie.

Kookmengsel

Net soos wat n mens n groot verskeidenheid van vitamienes, minerale, aminosure en vetsure nodig het, sodat ons liggame reg kan funksioneer, net so het n papegaai dit ook nodig vir sy liggaam om reg te werk.

N groot verskeidenheid van vars groente, vrugte, gekookte kosse en neute is nodig om n papegaai fisies gesond en gelukkig te hou. Saad, moet basies die minimum in enige voël se dieet wees. Nie meer as so 20% van sy totale daaglikse inname nie. Dit is omtrent so eetlepel vol saad vir n voël, so groot soos n African Grey. Sekere voëlspesies soos Kokketiele, Budgies en meeste Australiese Gras Parkiete, kan bietjie meer saad in hulle dieet kry, omdat hulle natuurlike dieet meestal uit grassade bestaan, maar die meerderheid van hulle dieet, moet ook vars en natuurlik wees. Dan is daar natuurlik voëls soos Lorikiete en Eclectusse, waar die groot meerderheid van hulle dieet uit vrugte bestaan.

Bessies

Bessies

Vars groente moet ook die grootste gedeelte van n papegaai se dieet uitmaak. Vrugte is belangrik en moet beslis deel van enige papegaai se dieet wees, maar vrugte het baie sukrose in, wat in oormaat, te veel suiker vir n papegaai verskaf. Vrugte wat wel baie gesond is en gereeld gegee mag word, is al jou soorte bessies, wat baie ryk in antioksidante is en dan alle vrugte met oranje “vleis”, soos mango, papaja, perskes, appelkose ens, want hulle is weer ryk aan vitamien A.

So watse groente is veilig om vir jou papegaai te gee:
Pampoen (Gaar of rou, met of sonder pitte).
Wortels
Patats (verkieslik gaar)
Aartappel (moet altyd gaar wees, rou is dit giftig)
Mielies (pitte of heel, gaar of rou)
Groen/Rooi/Geel soetrissies (met of sonder pitte)
Brandrissies (met of sonder pitte)
Tamatie (pitte is veilig)
Kolwynpampoentjies (Pattypans)
Groenboontjies
Ertjies
Spinasie (net nie elke dag nie, keer dat liggaam kalsium absorbeer)
Broccoli
Blomkool
Kool (gaar of rou)
Wortel blare (carrot tops)
Beet en beet blare
Okra
Watercress

Vars Groente en Vrugte

Vars Groente en Vrugte

Pietersielie
Peulgewasse soos bone, lensies en kekerertjies (Chick Peas)-alles goed gaar gekook
Baba skorsies (Babymarrows)
Radyse
Endives
Basiliekruit (Basil)
Brussiese spruite (Brussel sprouts)
Komkommer
Quinoa (rou of gaar)

Vrugte wat veilig is vir jou papegaai:
Appels (verwyder pitte)
Pere (verwyder pitte)
Appelkose (verwyder pit)
Perskes (verwyder pit)
Druiwe (pitte is veilig)
Waatlemoen (pitte is veilig)
Piesang
Kersies (verwyder pit)
Aarbeie
Braambessies (Blackberries)
Bloubessies (Blueberries)
Bosbessie (Cranberries)
Appelliefies (gooseberries)
Gojibessies
Klapper
Kiwivrug
Mango
Guavas (pitte is veilig)

Vars Vrugte

Vars Vrugte

Lemoen (verwyder pitte)
Suurlemoen (verwyder pitte)
Naartjies (verwyder pitte)
Nektarien (verwyder pitte)
Papja (pitte is veilig)
Spanspek (pitte is veilig)
Pynappel
Pruime (verwyder pit)
Lychees (pitte is veilig)
Kumquats (pitte is veilig)
Granaat (pitte is veilig)
Granadilla (pitte is veilig)
Dragonfruit

Sprietslaai

Sprietslaai

Dan moet mens nie vergeet dat voëls van “lekker” kos hou en dat mens hulle kos so bietjie meer smaaklik kan maak, deur vars of gedroogde kruie by te sit. Nie alle kruie is veilig nie, maar baie is wel.
Hier is n paar kruie wat veilig vir voëls is:
Pietersielie
Kaneel (kaneelstokkies is n gunsteling)
Rooipeper (Cayenne Pepper)
Origanum
Roosmaryn
Gemmer
Knoffel (net in klein hoeveelhede)
Tiemie
Basiliekruit
***Neutmuskaat (Nutmeg) is giftig***

Mens moet net onthou dat alles wat goed is vir ons, nie noodwendig veilig vir ons verekinders is nie. Daar is sekere kosse wat ongesond, of selfs dodelik vir hulle is:
-Koffie, sjokolade, sekere tee en baie soorte gaskoeldrank, bevat kaffiëne. Kaffiëne kan in groot dosisse n voëls se dood veroorsaak en moet nooit vir n voël gegee word nie
-Avokadopeer, uie (rou of gaar), sampioene, droë bone (rou, gaar is hulle veilig), aartappel (rou, gaar is dit veilig), eiervrug, rhubarb, die blare en stingels van die tamatie, aartappel en boontjie plant en die hele tabak plant (selfs sigarette) is alles giftig en moet NOOIT gegee word nie
-Moet NOOIT kos voer wat gemuf is nie en was altyd alle groente en vrugte deeglik, voor dit vir voëls gevoer word.
-n Maklike manier om groente en vrugte te was, is om n koppie appelasyn in n wasbak vol water te meng. Laat die groente en vrugte vir so 10 min daarin lê, was en spoel goed af.
-Bederfbare kosse soos gaar bone, eier, vars groente en vrugte, moet nooit langer as so 4 ure in die hok gelos word nie om besmetting te voorkom.
-Vermy ook liefs blikkies kos. Hulle het gewoonlik n te hoë natrium inhoud en die “kook proses” vernietig meeste van die vitamienes.
-Moet NOOIT enige alkohol vir voëls gee nie!!!!!

Diere proteïne is ook n belangrike aspek in voëlvoeding, veral gedurende die verveer proses. Dit help met die groei en vorming van nuwe vere. Diere protiene moet nooit meer as so 3 maal per week gegee word nie en dit is ook altyd beter om liewer net n klein hoeveelheid te gee.

Eierkos

Eierkos

Diere protiene wat veilig is vir voëls:
-Goed gaar gekookte eier – eier moet altyd goed gaar gekook wees en mens kan selfs roereier ook vir hulle gee.
-Lae vet Jogurt
-Lae vet kaas (net n klein blokkie, kaas, selfs lae vet, het n te hoë vet inhoud om in groot hoeveelhede gevoer te word)
-Lae vet maaskaas
-Goed gaar gekookte wit hoendervleis
-Goed gaar gekookte wit vis
***Geen skulpvis, of rooivleis nie***
NB: onthou om enige vleis na so 2 ure uit die hok te verwyder!!!!

Moet asb nooit vir jou verekind kos uit jou mond uit voer nie! Ons het vreeslik baie bakterieë in ons monde en deur vir ons voëls kos so aan te bied, kan hulle dodelik siek word.

Enige iets wat te sout, of te soet is, is sleg vir voëls. Net soos ons, het n voël se liggaam sout en suiker nodig om gesond te wees en reg te funksioneer, maar hulle kry meer as voldoende hoeveelhede uit die vars kos wat hulle eet en het niks eksta nodig nie.

Melk produkte, moet verkieslik NOOIT vir n voël gegee word nie. Melk, room, roomys, melkskommels ens, is ongesond, bevat te veel vet en het laktose in, wat n voël nie kan verteer nie. Soos hierbo genoem, is die enigste “veilige” suiwelprodukte, lae vet kaas, lae vet maaskaas en jogurt. Die goeie bakterie in meeste kaas en jogurt breek die laktose af, sodat teen die tyd as jy dit in die winkel koop is meeste, indien nie al die laktose al deur die bakterie opgebreek. So as jou verekind geniet om ontbyt pap saam met jou te eet, maak seker daar is niks melk, of suiker in nie.

Papegaaie geniet dit om deel van ons daaglikse roetine te wees! So om hulle ook by ons maaltye in te sluit, is goed en daar is gesonde tafelkos wat ons met hulle kan deel en wat selfs gesond is vir hulle om te eet. Kos soos bruin/wilde rys, pasta’s (verkieslik volgraan), hoender boudbeentjies en baie van die groente wat ons eet (solank dit die minimum sout op het), is gesond en kan veilig vir n papegaai gegee word. Onthou net dat tafelkos as n lekkerny gesien moet word en nie n “te groot deel” van n papegaai se daaglikse voeding moet uitmaak nie.

Daar is ook n paar gesonde olies wat nou en dan by n papegaai se daaglikse voeding, gevoeg kan word:
-Cold Pressed Virgin Coconut olie
-Cod Liver olie
-Red Palm olie
-Wheat Germ olie
is almal gesond en maak deel uit van n papegaai se daaglikse dieet. Onthou net dat Cod Liver olie, baie ryk aan vitamien A is en slegs in baie klein hoeveelhede en ook nie te gereeld vir papegaaie gegee moet word nie. N oordosis in vitamien A, kan n voël se dood veroorsaak

Opsomming:
Om ons voëls so gesond as moontlik te hou, is dit baie belangrik om hulle so gesond as moontlik te voer. Gee elke dag so groot verskeidenheid as moontlik vars groente en vrugte (hoe meer hoe beter) en hou saad en pellets tot die minimum.

Gaar Mengsel

Gaar Mengsel

 

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

About these ads

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s