Argief

Bloubessie en Piesang Brood

Bloubessie en Piesang Brood

Bloubessie en Piesang Brood

 

n Maklike papegaaibrood wat ryk aan vitamienes, minerale en anti-oksidante is!

Bloubessie

Bloubessie

Bloubessies:
Bloubessies is bo aan die lys as een van die kragtigste siektewerende kosse. Dis omdat dit antosianien bevat – die anti-oksidant wat verantwoordelik is vir die bessies se blou kleur. Hierdie heerlike bessies is propvol vesel en vitamien C.

Piesangs:

Piesang

Piesang

Piesangs bevat drie natuurlike suikers – sukrose, fruktose en glukose saam met vesel. n Piesang voorsien daadwerklike
en volgehoue energie. Piesang bevat ook Vitamiene B6 wat bloedglukose vlakke reguleer.

Piesangs in vergelyking met appels het vier keer meer proteïene, twee keer meer koolhidrate, drie keer meer fosfor, vyf
keer meer vitamien A en yster, en twee keer meer ander vitamiene en minerale. Dit is ook ryk aan Kalium.

So nie net is die brood n gerieflike lekkerny nie, maar is propvol goeie bestanddele ook! 😉

Bestanddele:
1 Koppie Bruinbroodmeel
1 Koppie Nutty Wheat meel
2 Koppies Bruismeel
125g Vars Bloubessies
2 Sagte Piesangs, fyn gedruk
2 Groot eiers, geklits
2 Koppies 100% vrugtesap (enige geur)
1 Koppie Appelsous

Metode:
-Meng al die meel en Bloubessies saam in n bak.
-In n apparte bak, meng die piesang, eiers, vrugtesap en appelsous goed saam en meng dit dan deeglik by die meelmengsel in.
-Smeer n oondvaste bak met bietjie Sonneblom/Olyfolie en giet dan die deeg in die bak.
-Bak die brood in n voorverhitte oond, teen 180˚ vir ±50 min, of tot mooi bruin en n mespunt kom skoon uit.
-Laat die brood afkoel, verwyder uit pan en sny in geskikte grootte blokkies

Bloubessie en Piesang Brood

Bloubessie en Piesang Brood

***Kan ook gevries word!***

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

Quinoa Brood

Quinoa Brood

Quinoa Brood

N vinnige en gesonde brood, ryk aan plant protiene!

Bestanddele:
-Kook n halwe koppie Quinoa volgens die instruksies op die pak.
-2 Koppies Nutty Wheat Meel
-2 Koppies Bruismeel
-2 Eeltepels Rooipeper (Cayenne pepper)
-50ml Omega Saadmengsel (gedopte sonneblom, pampoenpitte, sesame en lynsaad)
-50ml Olyfolie
-2½ Koppies Warm Water
-2 Groot eiers, geklits

Quinoa Brood

Quinoa Brood

Metode:
-Meng al die droë bestanddele goed saam
-In n apparte bak, meng die eier, water en olie saam en voeg dit by die droë bestanddele in
-Meng alles goed deur en voeg nou die gaar Quinoa by.
-Smeer n oondvaste bak met n bietjie Olyfolie en giet die deeg in die bak
-Bak in n voorverhitte oond teen 180˚, vir so ±30-35 min, of tot mespunt skoon uitkom.
-Laat die brood afkoel en sny dan in blokkies
-Kan ook gevries word.

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

 

Al’s-in-Een Groentebrood (Grootmaat)

Al's-in-Een Groentebrood (Grootmaat)

Al’s-in-Een Groentebrood (Grootmaat)

 

Ons verekinders is altyd baie lief vir brood en ons bederf hulle soms met n stukkie brood as lekkerny. Brood vir menslike gebruik, is oor die algemeen nie geskik vir papegaaie nie, omrede daar baie van die bestanddele in brood is, wat net glad nie gesond is nie. Dinge soos botter, margarien, suiker, melk, sout, suurdeeg ens, kan ons verekinders se delikate spysvertering net skade aandoen. Papegaaibrood word dus so gemaak, dat dit geen van die gevaarlike bestanddele in het nie. Dit word ook soms as hulpmiddel gebruik, om nodige voeding by ons verekinders in te kry, maar moet ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE papegaaibrood as n volkome dieet sien nie! Papegaaibrood is slegs n lekkerny/hulpmiddel en moet dus liefs nie in oormaat gegee word nie

Bestanddele:
1 Koppie Rogmeel (Rye Flour)
1 Koppie Bokwietmeel (Buckwheat Flour)
1 Koppie Mannameel (Millet Flour)
1 Koppie Garsmeel (Barley flour)
1 Koppie Rysmeel (wit, of bruin)
1 Koppie Nutty Wheat meel
4 Hoogvol telepels Bakpoeier
2 Eetlepels Origanum
4 koppies groente, baie fyn gekap in n voedselverwerker*
2 Koppies 100% Vrugtesap, enige geur
1 Koppie Gemengde Vrugte Jogurt
3 Ekstra groot Eiers, geklits
100ml Nature’s Choice Miracle Plus Plus Saad
50ml Cold Pressed Virgin Klapperolie
50ml Lynsaad Olie

*Gebruik enige groente van jou keuse…hoe groter die verskeidenheid, hoe gesonder jou brood*

Metode:
-Sif al die droë bestanddele saam en meng dan die gekapte groente by.
-In n apparte bak, meng die eier, jogurt, vrugtesap en olies saam en voeg dit dan geleidelik by die droëmengsel in.
-Smeer n oondvaste bak met bietjie olyf/sonneblomolie en skep nou die deeg in die bak.
-Bak in n voorverhitte oond, teen 180˚ vir ±1 uur 15 min, of tot die mespunt skoon uitkom**
-Laat afkoel en sny in blokkies.
-Kan ook gevries word.

**Hoe lank jou brood bak, hang af van hoe groot jou oondbak is. Ek kon 2 brode uit die mengsel kry. Bak tot die brood mooi bruin bo-op is en n menspunt skoon uitkom.**

 

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

Spirulina Brood

Spirulina Brood

Spirulina Brood

 

Spirulina is baie gesond vir voëls! Dit help voëls vinniger van infeksies genees en beskerm die liggaam teen sekere bakterieë. Dit help ook vere gesond en blink hou en is baie voordelig vir broeivoëls. Spirulina verloor ook nie sy voedingswaarde wanneer dit verhit word nie, so is dus lekker om in n brood te gebruik.

Hierdie is n maklike en gesonde brood met Spirulina, wortel en pamoen. 🙂

Bestanddele:
2 Koppies Bruinbroodmeel
2 Koppies Bruismeel
1 Hoogvol teelepel Origanum
1 Hoogvol teelepel Roosmaryn
1 Teelepel Spirulina
2 Groot Eiers, geklits
2 Koppies 100% Vrugtesap van jou keuse
1½ Koppies Water
250g Botterskorsie, in blokkies gesny
250g Wortel, in blokkies gesny

Spirulina Brood

Spirulina Brood

Metode:
-Meng al die droë bestanddele saam in n bak.
-Voeg die wortel en pampoen by die droë mengsel en meng deur.
-In n apparte bak, meng die eier, water en vrugtesap goed saam.
-Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele in en meng deeglik deur.
-Smeer n oondvaste bak met bietjie Sonneblom/Olyfolie en skep die deeg in.
-Bak in n voorverhitte oond teen 180˚ vir ±45min, of tot ligbruin bo-op. Mespunt moet skoon uitkom.
-Laat afkoel en sny in blokkies
-Kan ook gevries word.

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

Kalsium en Protien Brood

Kalsium en Protien Brood

Kalsium en Protien Brood

Wanneer jy jou papegaaie oorsit na n gesonde dieet toe, is dit soms baie moeilik om hulle te kry om die regte kos te eet. Papegaai brood kan baie handig wees in die oorgangs proses, veral om voëls van nodige aanvullings te verskaf. Vitamien A, Kalsium en protiene is baie belangrike aanvullings in enige papegaai se dieet, maar meer spesifiek by voëls wat verepluk. Hierdie brood is spesiaal vir dié doel en is ryk aan kalsium, diere en plant protiene en het selfs n bietjie vitamien A in.

LET WEL: Papegaai brood is nie n volledige dieet nie. Dit kan slegs as hulpmiddel en lekkerny gebruik word.

Bestanddele:
½ Koppie Koring (Crushed Wheat), rou
½ Koppie Quinoa (Rou)
1 Koppie fyn gekapte Pietersielie
2 Eiers, hou doppe eenkant
1 Hoogvol teelepel Kaneel
½ Teelepel Gemmer
100ml Bokwietmeel (Buckwheat flour)
1 Teelepel bakpoeier
1 Koppie gaar, fyn patats
n Handvol rosyne

 

Metode:
-Week die Koring en Quinoa oornag in water en spoel deeglik af voor gebruik.
-Skil die patats, kook tot sag en druk fyn met vurk.

Kalsium en Protien Brood

Kalsium en Protien Brood

-Ontsmet en droog die eierdoppe uit, deur hulle vir 10-15 min goed in water te kook en droog hulle dan in die oond uit vir 20 min, teen 250˚
-Sodra die eierdoppe gedroog en afgekoel is, maak hulle fyn met n koekroller.
-Meng die rosyne, koring, quinoa, pietersielie en eier goed saam in n bak.
-In n apparte bak, meng die meel, bakpoeier, speserye en fyn eierdoppe deeglik saam en meng dit dan by die nat bestanddele in.
-Skep die deeg in n oondvaste bak wat gesmeer is met n bietjie sonneblom/olyfolie en bak in n voorverhitte oond teen 180˚, vir ±40 min.

***BAIE BELANGRIK: Maak die eierdoppe so fyn as moontlik, daar moet geen groot stukkies met skerp punte in wees nie***

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

 

Kookmengsel Brood

Kookmengsel Brood

Kookmengsel Brood

 

N broodjie vir die verekinders wat hulle snawels optrek vir kookmengsel!

Wanneer mens n papegaai wil leer om iets “nuuts” te eet, help dit soms om dit in n brood te sit, om hulle dan so te kry om dit te probeer. Meeste voëls is BAIE LIEF vir brood en deur die gesonde kos dan in die brood te “verskuil”, sit jy jou verekind dalk net op die regte pad. Jy kan die hoeveelheid kookmengsel in die resep aanpas. Begin miskien eers net met n halwe koppie, of sit die kookmengsel deur n voedselverwerker om dit so fyn as moontlik te kap…..dan sal die geveerdes nie eers weet hulle eet gesonde kos nie! 😉

Bestanddele:
2 Koppies Mielieblom (Maizena)
2 Koppies Garsmeel (Barley Flour)
2 Koppies klaar gaar Kookmengsel
4 Hoogvol teelepels Bakpoeier
1 Hoogvol teelepel Rooipeper
1 Hoogvol teelepel gedroogde Chilli “flakes”
1½ Koppies water
3 Eksta groot eiers, geklits

Metode:
-Sif die meel, bakpoeier en speserye saam, voeg dan die gaar kookmengsel by en meng goed deur.
-In n apparte bak, klits die eiers en water saam en meng dit dan by die droë bestanddele in.
-Smeer n oondvaste bak met bietjie olyf/sonneblom olie en bak in n voorverhitte oond, teen 180˚ vir ± n uur (of tot brood mooi bruin is en mespunt skoon uitkom)
-Laat brood afkoel en sny dan in blokkies.
-Kan ook gevries word

***Die brood krummel maklik, so dit kan maklik oor hulle kos gekrummel word, om hulle eers gewoond te kry daaraan.***

 

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

Appel, Wortel en Rosyntjie Brood

Appel, Wortel en Rosyntjie Brood

Appel, Wortel en Rosyntjie Brood

 

N maklike en gesonde brood vir die verekinders! 🙂

Bestanddele:
2 Appels
3 Groot Wortels
1 Koppie Rosyne
3 Groot Eiers
2 Koppies Bokwiet meel (Buckwheat flour)
2 Koppies Rye meel
2 Koppies Bruismeel
1 Hoogvol eetlepel Kaneel
1 Koppie Klapper melk
2 Koppies Warm Water
50 ml Eksta Virgin Olyf olie

Metode:
-Meng al die droë bestanddele goed saam en voeg dan die appel, wortel en rosyne by.
-In n apparte bak, meng die eiers, olyf olie, klapper melk en water saam…voeg dit dan by die droë bestanddele in en meng goed deur.
-Smeer n broodpan met bietjie sonneblom, of olyf olie en giet deeg in pan.
-Bak in n voorverhitte oond, teen 180˚ vir ± n uur en n half, of tot brood mooi bruin is bo-op.
-Maak ± 2 brode…kan ook gevries word!

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

 

Pikachu se “Als in Een Brood” (Grootmaat)

Pikachu se "Als in Een Brood"

Pikachu se “Als in Een Brood”

 

N lekker gesonde brood vir die verekinders!

Bestanddele:

Pikachu

Pikachu


2 koppies Rysmeel
2 koppies Bruismeel
2 koppies Bruinbroodmeel
1½ koppie Gaar Kookmengsel
1½ koppie Gaar Droë Bone
2 hoogvol eetlepels Roosmaryn
1 koppie Gemengde Neute en Droë Vrugte
50ml Gedroogde Goji Bessies
5 ekstra groot Eiers (met of sonder die dop)
100ml Olyfolie
1 koppie Klappermelk
1 koppie Jogurt
600ml Vrugtesap

Metode:
-Meng die bruismeel, bruinbroodmeel en rysmeel goed saam in n bak.
-In n apparte bak, meng die gaar kookmengsel, gaar droë bone, Goji bessies, Roosmaryn en gemengde neute en droë vrugte saam.
-Voeg dit dan by die meelmengsels en meng goed deur.
-Klits die eiers, voeg die Olyfolie, Klappermelk, jogurt en vrugtesap by en klits alles goed saam.
-Voeg dit by die droëmengsel in en meng baie goed saam. Maak seker alles is deeglik deur gemeng.
-Dit sal n meer loperige deeg vorm as normaal. As die beslag te styf is, kan die Rysmeel die brood laat uitdroog.
-Giet die deeg in n gesmeerde broodpan en bak in n voorverhitte oond, teen 180˚ vir 1 uur en 15 min.
-Maak so ± 3 brode.

Wanneer die brood afgekoel het, kan dit in geskikte grootte blokkies gesny word. Bêre genoeg vir so 2-3 dae in die yskas en vries die res.

Lekker bak! 😉

 

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

Mielie en Kaas Brood

Mielie en Kaas Brood

Mielie en Kaas Brood

n Maklike brood om die verekinders mee te bederf!

 

Bestanddele:
2 Koppies Mieliemeel
2 Koppies Ryemeel
3 Teelepels bakpoeier
4 Eiers, geklits
100ml olyfolie
2 Koppies water
2 Koppies pitmielies
3/4 Koppie gerasperde kaas

Metode:
-Mengs al die droë bestanddele in n bak. Voeg ook die pitmielies en kaas by.

Mielie en Kaas Brood

Mielie en Kaas Brood

-In n apparte bak, meng die eiers, water en olyfolie baie goed saam.
-Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele in en meng alles deeglik saam.
-Smeer n oondbak met bietjie olyf/sommeblomolie en skep die deeg dan in die bak.
-Bak in n voorverhitte oond, teen 180˚ vir ± 1uur
-Laat die brood afkoel en sny dan in blokkies
-Kan ook gevries word.

 

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

Angel se Groente en Speseryebrood

Groente en Speserye Brood

Groente en Speseryebrood

Bestanddele:

2 Koppies Bruismeel
2 Koppies Bruinbrood Meel (Brown bread wheat flour)

1 Eetlepel Origanum

1 Eetlepel Roosmaryn

Angel

Angel1 Eetlepel Origanum1 Eetlepel Roosmaryn

1 Eetlepel Rooipeper (Cayenne pepper)
2 Koppies gevriesde groente, ontdooi
4 Eiers, geklits
100ml Extra Virgin olyfolie
2 Koppies water

Metode:
-Meng eers al die droë bestanddele goed saam in n mengbak.
-Dan in n apparte bak, meng die eiers, olyfolie en water saam.
-Voeg nou die nat bestanddele by die droë bestanddele in en meng alles deeglik saam.
-Smeer n oondbak met n bietjie olyf/sonneblom/cold pressed klapperolie en skep die deeg in die bak.
-Sprinkel so bietjie pampoen pitte en fyn gekapte Brazil neute bo-oor en bak in n voorverhitte oond, teen 180˚ vir ± n uur.
-Laat afkoel en sny in blokkies

***Kan ook gevries word***

 

Groente en Speseryebrood

Groente en Speseryebrood

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013