Tag Archive | Gars (Barley)

Kookmengsel Brood

Kookmengsel Brood

Kookmengsel Brood

 

N broodjie vir die verekinders wat hulle snawels optrek vir kookmengsel!

Wanneer mens n papegaai wil leer om iets “nuuts” te eet, help dit soms om dit in n brood te sit, om hulle dan so te kry om dit te probeer. Meeste voëls is BAIE LIEF vir brood en deur die gesonde kos dan in die brood te “verskuil”, sit jy jou verekind dalk net op die regte pad. Jy kan die hoeveelheid kookmengsel in die resep aanpas. Begin miskien eers net met n halwe koppie, of sit die kookmengsel deur n voedselverwerker om dit so fyn as moontlik te kap…..dan sal die geveerdes nie eers weet hulle eet gesonde kos nie! 😉

Bestanddele:
2 Koppies Mielieblom (Maizena)
2 Koppies Garsmeel (Barley Flour)
2 Koppies klaar gaar Kookmengsel
4 Hoogvol teelepels Bakpoeier
1 Hoogvol teelepel Rooipeper
1 Hoogvol teelepel gedroogde Chilli “flakes”
1½ Koppies water
3 Eksta groot eiers, geklits

Metode:
-Sif die meel, bakpoeier en speserye saam, voeg dan die gaar kookmengsel by en meng goed deur.
-In n apparte bak, klits die eiers en water saam en meng dit dan by die droë bestanddele in.
-Smeer n oondvaste bak met bietjie olyf/sonneblom olie en bak in n voorverhitte oond, teen 180˚ vir ± n uur (of tot brood mooi bruin is en mespunt skoon uitkom)
-Laat brood afkoel en sny dan in blokkies.
-Kan ook gevries word

***Die brood krummel maklik, so dit kan maklik oor hulle kos gekrummel word, om hulle eers gewoond te kry daaraan.***

 

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013

Puffin se Gars en Saad Mikrogolf Brood

Mikrogolf Sade Brood

Mikrogolf Sade Brood

n Maklike en gesonde papegaai brood!

Bestanddele:

Droë Bestanddele:

– 1 Koppie Gars Meel (Barley Flour)

– 1/2 Koppie Maizena

– 50ml Saad van jou keuse. Ek het Nature’s Choice se Miracle Plus Plus saad gebruik.

Nat Betanddele:

– 2 Ekstra groot eiers

– 1 Eetlepel Olyf olie

– 1/4 Koppie Appelsous

– 1/2 Koppie Vrugtesap

Metode:                       

Puffin

Puffin

– Meng al die droë bestanddele in n bak saam.

– In n apparte bak, meng nou al die nat bestanddele saam.

– Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele in en meng alles baie goed saam.

– Smeer n mikrogolfbak met n klein bietjie Olyf olie en skep dan die deeg in die bak in.

– Mikrogolf by volle krag vir 6 min, laat staan dan die brood nog so 2 min.

– Verwyder nou die brood uit die mikrogolf en laat hom afkoel.

– Sny in blokkies en gee vir die verekinders.

***Die brood kan ook gevries word***

©Die Papegaai Kombuis/Elna de Witt 2013